Twee idees wat ʼn aansienlike bydrae gelewer het tot die agteruitgang in Suid-Afrika

ALL ANIMALS ARE EQUAL

Mense baseer dikwels hul optredes, norme en waardes op idees betreffende die aard van die Goddelike/God en van die mens. Daar is veral twee emosiebelaaide en mooiklinkende idees waarvan die een ʼn wesenlike invloed gehad het op baie Suid-Afrikaners se godsdiens-gebaseerde lewenswaardes en die ander op die verklaarde beginsels van politieke partye soos o.a. die ANC en die DA. Die eerste idee het betrekking op die beweerde aard van God se kommunikasie met mense en is die geloof in die Bybel as onfeilbare “Woord van God”. Die tweede het betrekking op die aard van mense en is die aanname dat alle mense “gelyk” is.

Voorstanders van die voorgaande idees verskil egter hemelsbreed van mekaar betreffende die presiese betekenisse daarvan. Heelwat gelowiges wat glo in die Bybel as dié Woord van God, beweer dat sekere “belangrike” gedeeltes letterlik verstaan behoort te word, terwyl verwysings na ʼn donkie wat praat, ongehoorsame kinders wat gestenig moet word, die sesdag-skepping en die son wat kwansuis stilgestaan het, geïgnoreer of ten minste figuurlik verstaan behoort te word. Hierdie Babelse verwarring het aanleiding gegee tot gedurige geskille aangaande die Bybelse/onbybelse aard van die beleid van Apartheid. Ongelukkig was daar nié duidelike Bybelse riglyne wat Christene gewaarsku het teen die skrikwekkende gevolge van hul jarelange gerieflike gebruikmaking van “goedkoop” nie-blanke arbeid nie.

Voorstanders van die gelykheidsdogma verskil ook heelwat van mekaar betreffende die ware betekenis van “gelykheid”. Sommige van hulle beweer dat almal “gelyk gebore” is in dié opsig dat mense weinig bepalende oorgeërfde genetiese verskille het en daarom ʼn gelyke kans het om dieselfde doelwitte in die lewe te kan bereik. Andere beweer dat álle mense, ongeag hul kleur-, kultuur- of genetiese verskille, gelyke geleenthede en regte soos stemreg behoort te hê binne-in ʼn eenheidstaat. In ander lande soos o.a. die ou Sowjetunie en Rooi-Sjina, waarin (soortgelyk aan Suid-Afrika) die gelykheidsdogma ook deel was van die heersende partypolitieke ideologie, was daar óók toenemende beperkings op spraakvryheid en ʼn al groterwordende kloof tussen die super ryk elite en miljoene onderdrukte arm mense.

Ongelukkig is en was veral die gelykheidsidee gepropageer deur korrupte politici, naïewe en onnadenkende kerkleiers en magtige belangegroepe d.m.v. hul beheerde hoofstroommedia. Daar is ʼn duidelike verband tussen baie geïndoktrineerde Suid-Afrikaners se denke en dade wat gebaseer is op verwronge lewensuitkyke en die toenemende wantoestande. As gevolg van die oorweldigende verlammende invloed wat die twee voorgaande idees het op veral blanke Suid-Afrikaners, versuim hulle nog stééds om doeltreffend weerstand te bied teen die toenemende verval, korrupsie en geweldsmisdaad in hierdie land.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Twee idees wat ʼn aansienlike bydrae gelewer het tot die agteruitgang in Suid-Afrika

  1. Terug pieng: Twee idees wat ʼn aansienlike bydrae gelewer het tot die agteruitgang in Suid-Afrika | Blog aangaande Spiritualiteit en Gnostisisme

  2. Marius van Jaarsveld sê:

    Alhoewel hierdie as kontroversiële onderwerpe gesien kan word is dit nodig dat daaroor gepraat moet word en idees intellektueel uitgeruil moet word. Ek hou van jou aanslag op die onderwerpe, en sal graag ñ uitbreiding van die idees wil lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s