Inleiding tot ʼn waardestelsel

 

Elke waardestelsel is afhanklik van ʼn spesifieke lewens- en wêreldbeskouing wat gewoonlik ʼn godsbeskouing en/of mensbeskouing insluit. Alle godsbeskouinge is geloofsgebaseerd omdat die geldigheid van enige bewering oor die aard van die Goddelike/God (nog) nié vasgestel kan word m.b.v. enige wetenskaplike metodes nie. ʼn Mensbeskouing word gekenmerk deur sekere stellings wat geloofsgebaseerd is en ander stellings waarvan die geldigheid wel d.m.v. objektiewe waarnemings deur twee of meer mense bepaal kan word. Stellings aangaande onsterflike siele en die moontlikheid van vrye wil, is geloofsgebaseerd. In teenstelling hiermee kan daar m.b.v. geskiedkundige en wetenskaplike getuienis vasgestel word tot watter mate oorgeërfde gene mense se karaktereienskappe beïnvloed.

Die godsdienstige waardestelsel van baie Christene is byvoorbeeld gebaseer op die lewens- en wêreldbeskouing waarvolgens die Bybel die “onfeilbare Woord van God” is. Baie van hulle het boonop ʼn mensbeskouing waarvolgens alle mense “in sonde ontvang en gebore” is. Hiervolgens het elke mens ʼn onsterflike siel wat alleen deur “God se genade” redding kan ontvang. Een van die noodwendige gevolge van hierdie meesterverhaal van die tradisionele Christendom is dat baie Christene huiwerig is om die materiële welsyn van “ongelowiges” te bevorder. Is dit enigsins sinvol om bekommerd wees oor miljoene “halsstarrige ongelowiges” se aardse welsyn indien die meeste van hulle na bewering bestem is vir die Ewige Verdoemenis?

Die waardestelsel wat jy aanvaar is nie slegs afhanklik van ʼn spesifieke lewens- en wêreldbeskouing nie, maar ook van watter mense en diere (of gode!) se welsyn vir jou die belangrikste is. Die betekenis wat jy heg aan die woord “welsyn” is afhanklik van jou mensbeskouing. Christene wat byvoorbeeld glo dat alle mense onsterflike siele het, probeer dikwels om met evangeliese ywer andere te oorreed om Jesus as hulle Verlosser te aanvaar om sodoende die “ewige saligheid” van hulle siele te verseker. Vir iemand wat die lewe na die dood ontken, sal dit egter meer sinvol wees om te fokus op die aardse welsyn van mense. Indien jy en jou familie se aardse welsyn vir jou van allergrootste belang is, kan jy dit selfs oorweeg om andere te belieg en te besteel ter wille van jou familie se welsyn. Indien jou volksgenote se welsyn vir jou egter van groter belang is as dié van jou familie en vriende, kan jy dit selfs ernstig oorweeg om jou en hul lewens, gerief of besittings op te offer ter wille van die welsyn van al jou mede-volksgenote.

Iemand wat sy eie volksgenote se belange probeer bevorder ten koste van dié van ander volke, kan dit selfs oorweeg om een waardestelsel aan te beveel vir sy eie volksgenote en ʼn radikaal-anderse waardestelsel vir alle ander mense. So byvoorbeeld aanvaar baie Sioniste waardes wat huwelike tussen Jode en ander mense verbied en wat op grond van ras diskrimineer teen Arabiere en selfs teen Ethiopiërs wat die Joodse geloof aanvaar. Aan die ander kant ondersteun hierdie selfde Sioniste die toenemende derdewêreldse immigrasie na Europese lande om sodoende die solidariteit, tradisies en kulturele waardes van inheemse Europeërs te ondergrawe. Heelwat magsugtige belangegroepe en eienaars van die hoofstroommedia propageer die demokratiese regeringsvorm, juis omdat hulle deeglik bewus is daarvan dat húlle m.b.v. hul beheerde media se oorweldigende invloed op miljoene kiesers se denke, omkoopbare politici se oorwinning by die stembus sal waarborg. Daar is byvoorbeeld in Suid-Afrika ʼn wesenlike verskil tussen aan die een kant die ANC se mooiklinkende “herverdeling van rykdomme” Sosiaal-Demokratiese ideologie en aan die ander kant die al groter wordende gaping tussen ryk en arm die afgelope 20 jaar.

Dit is onsinnig om ʼn waardestelsel te hê wat uitsluitlik gebaseer is op “die Rede” of die Natuurwette. Wanneer ʼn bok deur ʼn leeu verslind word is daar bv. geen Natuurwet wat bepaal dat die leeu verkeerd opgetree het teen die bok nie. Dit was ook nie onredelik vir die leeu om dit te doen nie. Boonop het magsugtige opportuniste al jarelank hul parasitiese vergrype bevorder m.b.v. beide die menslike rede én Natuurwette. Baie van hulle is deeglik bewus van die feit dat die oënskynlike humanitêre waardestelsels van o.a. kultuurmarxiste, feministe en sosialiste, misbruik kan word om hul eie welsyn te bevorder tot nadeel van diegene wat hierdie mooiklinkende maar onwetenskaplike ideologieë klakkeloos navolg.

Daar is drie uiteenlopende waardestelsels wat van toepassing is op rasseverhoudinge. Die eerste is die rassistiese siening waarvolgens een of meer rasse meerderwaardig is teenoor andere en daarom die reg het om oor hulle te heers en hulle selfs uit te buit. Daar word dikwels na blanke baasskap (Engels: White Supremacy) verwys as voorbeeld van hierdie waardestelsel. Baie Sioniste glo op grond van die Ou Testament en die Talmoed, dat Jode meerderwaardig is en daarom die reg het om veral teen Palestyne op rassegrondslag te diskrimineer. Laasgenoemde is ʼn vorm van “Jewish Supremacism”. ʼn Tweede waardestelsel hou verband met die gelykheidsdogma en is gebaseer op die mensbeskouing waarvolgens daar hoegenaamd geen wesenlike genetiese verskille tussen rasse bestaan wat hul onderskeie intelligensie- of skeppingsvermoëns kan beïnvloed nie. Sommige ondersteuners hiervan reken selfs dat “ras” net ʼn “sosiale konstruk” is sonder enige biologiese basis! ʼn Derde waardestelsel is afhanklik van die mensbeskouing waarvolgens daar wel belangrike genetiese verskille tussen rasse is wat bepalende invloede gehad het op veral die ontstaan van verskeie unieke kulture en wat boonop duidelik waarneembaar is vanuit die verloop van die geskiedenis. Volgens hierdie waardestelsel het geen ras of volk egter die reg om oor andere te heers op grond van die een of andere beweerde meerderwaardige status nie.

ʼn Regeringsvorm wat gebaseer is op die laasgenoemde volksnasionalistiese waardestelsel, is onafhanklike volkstate vir elke volk. In elkeen van hierdie state word slegs lede van ʼn spesifieke volk toegelaat om te stem vir ʼn regering bestaande uit slegs lede van daardie volk. Daar word ook gepoog om sover moontlik gebruik te maak van volkseie arbeid en so min as moontlik van gasarbeiders behorende tot ander volke. Solank mense van ander volke woon en werk in hierdie volkstaat, sal rasse-segregasie noodwendig toegepas word. Hoe minder van hulle teenwoordig is binne-in hierdie volkstaat, hoe minder diskriminerende wetgewing en onderdrukking sal daar wees. Dit is dus van primêre belang dat daar so spoedig moontlik wegbeweeg word vanaf “volksvreemde arbeid”.

Die gebruikmaak van “goedkoop” nie-blanke arbeid in Suid-Afrika vóór 1994 het op die korttermyn heelwat voordele ingehou vir veral blanke boere en myneienaars omdat hulle as gevolg hiervan baie winste gemaak het. Die gebruikmaak van slegs blanke arbeid sou egter baie duurder gewees het op die korttermyn. Op die langtermyn het hierdie ekonomiese situasie noodwendig gelei tot die geweldige toename in swart bevolkingsgetalle en die gepaardgaande ANC-heerskappy wat sedert 1994 onafskeidbaar deel is van die toenemende geweldsmisdade en verarming van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap tot voordeel van korrupte regeringsleiers en internasionale geldmagte. Hierdie parasitiese stelsel word bevorder en gekondoneer deur veral mense wie se waardestelsel hul eie materiële welsyn en dié van hul familie en vriende as van primêre belang ag. Mense met ʼn waardestelsel wat die welsyn van die meeste Suid-Afrikaners en dié van hulle toekomstige nageslagte as van primêre belang ag, sal noodwendig weerstand bied teen hierdie verrotte stelsel.

Indien dit vir jou belangrik is om die wêreld ʼn beter plek te maak vir die meeste mense en vir hul nageslagte, sal jy norme en waardes aanvaar wat logies konsekwent is met mekaar en wat jou sal aanmoedig om wetenskaplike en geskiedkundige getuienis te waardeer en te erken in plaas daarvan om in ontkenning daarvan te leef. Jy sal die tradisionele Christelike lewenswaardes verwerp omdat dit fokus op die sieleheil van “gelowiges” ten koste van die welsyn van die meeste mense. Jy sal boonop die norme en waardes verwerp van diegene wat hulle en hul vriende en families se materiële welsyn bevorder ten koste van die welsyn van die meeste ander mense. Jy sal erken dat daar ʼn wesenlike verskil is tussen die teorie en praktyk van baie waardestelsels en dat heelwat mooiklinkende idees dikwels misbruik is tot die uitsluitlike voordeel van ʼn super ryk elite. Op grond van jou waardestelsel sal jy alle lewensterreine insluitende die wetenskap, politiek, ekonomie, spiritualiteit en filosofie gebruik ter bevordering van die meeste mense se spirituele en materiële welsyn.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Inleiding tot ʼn waardestelsel

  1. Will Fischadler sê:

    Dit kan nie net in SA toegepas word nie. Daar is soveel verskillende kulture en minderheidsgroepe dat ek geen lig sien vir so ‘n plan nie. Indien dit wereldwyd toegepas word sodat opofferings van alle kante gemaak word sal die idee wat goed is net ‘n droom bly.

    • Onafhanklike volkstate vir verskillende bevolkingsgroepe is die enigste waarborg vir die voortbestaan van die Witras en al die tradisies en kulturele waardes wat geskep is deur Witmense. Dit is ook die enigste blywende oplossing vir hierdie land se probleme. Die kanse dat dit ooit sal plaasvind in Suider-Afrika is baie gering juis a.g.v. die demografiese werklikheid en die feit dat Witmense al vir baie jare geïndoktrineer is deur die hoofstroommedia om die ANC, DA en geldmagte se skadelike ideologieë te aanvaar. Indien dit egter nié gebeur nie, sal hierdie land se probleme nooit opgelos word nie en sal ons maar onafwendbaar afstuur op nog ‘n Zimbabwe-situasie.

      • Danie sê:

        Hi Jaco, ons het lanklaas gesels. Ek het nog nie jou artikel gelees nie, maar net hierdie laaste kommentaar. Ek besef ons leef steeds in heeltemal verskillende wêrelde. Ek is nou vir so ‘n jaar betrokke met mense in Olievenhoudtbosch en in ‘n mindere mate met mense in Attridgeville, Soshanguve, Mooiplaas en Mamelodi. Dit gevolg van my interaksie met hierdie mense is dat ek meer hoop vir Suid Afrika het as ooit tevore en dat ek nog meer as ooit tevore glo dat die uitkoms vir Suid Afrika júís nie is om onsself as verskillende rassegroepe te sien nie. Ek kry jou eintlik jammer oor die hopelose uitkyk wat jy het vir SA, maar jy voel seker nie jammer vir jouself nie en eerder vir my, so jy het seker nie troos nodig nie.

        Ek dreig al lankal om iets te skryf oor waar ek sien Suid Afrika heen oppad is, dalk moet ek die tyd probeer bymekaar maak om wel iets te skryf. Dalk kry ek tyd om jou artikel te lees (hoop nie daar is te veel neerhalende byvoeglike naamwoorde nie 😮 ). Lekker dag.

      • Thys Human sê:

        Danie, om mee te begin verstom ek my vir jou stiksienigheid (mooiste woord wat ek kon vind) om kommentaar te lewer op iets wat jy nog nie gelees het nie.

        Maar dan verstom ek my vir jou idealistiese en tog so “liberale” en “oop” siening gegrond op kontakte met swartes dat daar hoop vir die land is. Ek betwis nie jou ervarings en indrukke dat daar ordentlike en vredeliewende swartes is nie. Daar is, maar daar is ook swartes wat so mooi en goed sal reageer op jou vrae en in gesprekke omdat dit by die swarte goeie maniere is om nie mense aanstoot te gee met menings wat teen die ander persoon se duidelike sieninge ingaan nie. Jy sal moet leer om te onderskei tussen wat hulle werklik glo en dink en wat hulle vir jou vertel hulle dink! Maar dis nie maklik nie.

        Maar dan maak jy die ernstige politieke insig- en ontledingsfout om te dink dat hierdie mense diegene is wat die toon aangee, die land beheer en regeer of vorentoe gaan beheer. Hulle is nie. Hulle het nie ‘n kat se kans om in beheer van sake te kom nie. Dis die aktiviste, veral die militantes, die politieke bedrywiges en “doeners” wat die land gaan regeer. Miskien dink jy soos baie wittes dat Zuma ‘n slu, skelm, liederlike leier is. Almiskie, maar hy is ‘n vulletjie teen wat nog gaan kom. Sy opvolger gaan sonder twyfel ‘n militante, radikale pro-Afrika en beslis anti-wit persoonlikheid wees. Hy/sy sal dit MOET wees want die ANC se enigste bedreiging kom van die kant van die EFF – NIE van die kant van die DA nie.

        Die goeie gawe swartes met wie jy gesels, gaan in hulle massas vir daai ANC-leier stem – maar hulle goeie gawe houdings op voetsoolvlak sal nie ‘n enkele punt by die ANC tel nie.

        Maak jou oe en ore oop – en sien wat om jou aangaan.

      • lootsd sê:

        Hi Thys, my fout was om nie nóg duideliker te gestel het, dat my kommentaar nie was op Jaco se artikel nie, maar op die eerste stukkie kommentaar wat hy gelewer het.

        As ek mag antwoord op die res van die kommentaar wat jy gegee het. Jy lyk nogal seker van jou saak oor die toekoms van Suid Afrika. Dit is nogal verstommend hoe verseker iemand kan wees van hul eie opinie oor die toekoms, wanneer ons altwee weet dat die toekoms maar lekker onseker kan is.

        As ek ‘n voorbeeld kan aanhaal. Aan die einde van 2002 was die Rand / Dollar wisselkoers so net bokant R10 per Dollar, nadat almal verbaas was dat dit versterk het van net duskant R14 per Dollar. “Almal” was seker dat die Rand enige tyd weer gaan omdraai en weer verswak. Soos, altyd, is die optimiste gesien as die naïwe ongeligtes, dalk selfs blindelings gelowig. In 2009, gaan draai die wisselkoers toe by R5.99. Ek onthou nog daardie dag dat ek gespot het die Dollar is op special.

        Vir omtrent ‘n kwarteeu al voorspel die doemprofete dat ons “onafwendbaar afstuur op nog ‘n Zimbabwe-situasie”.

        Ek gaan geen voorspellings waag oor die wisselkoers of die Suid Afrikaanse ekonomie nie. Nóg minder oor die uitslag van Augustus se verkiesing en die nabye toekoms van die ANC. Ek is deeglik bewus van baie kommerwekkende syfers en tendense wat sigbaar is in ons land se ekonomie. Ek verstaan die mespunt waarop ons Konstitusionele Demokrasie tans staan met ons huidige President.

        Ek weet nie waar dinge in ons land gaan draai voor dit beter gaan nie, maar twee dinge weet ek.

        1. Dat ek aan geen ander land in die wêreld kan dink waar ek eerder die volgende paar dekades sal wil wees, as Suid Afrika nie, en
        2. Dat ek eerder wil bydra en help om ‘n beter Suid Afrika te bou, om verhoudinge te bou oor velkleur- en kultuurgrense heen en só invloed uit te oefen, as om vas te haak by doemprofesieë en enige iemand wat durf hoop te hê vir hierdie land so gou as moontlik op hul plek te sit.

        Gelukkig lees die mense met wie ek saamwerk, nie julle blogs nie. Hulle het nie tyd en energie om te mors op sinnelose debatte en opinies nie. Hulle werk saam met ons om hul gemeenskap en ons land op te bou, ten spyte van politici en ten spyte van doemprofete.

        Die klompie wat hier saamdrom, artikels soos hierdie van Jaco se lof besing, gaan seker altyd gefrustreerd wees met ons ouens. Dalk is dit goed dat julle dan maar stoom afblaas en saam kuier en mekaar oortuig oor hoe blind, naïef, oningelig en stiksienig ons is.

        Sterkte vir jou ou maat, ek weet watter opdraade stryd jy het om die meerderheid mense in hierdie land van jou opinie te oorreed. Intussen gaan ek elke oomblik geniet om saam met die wat wil, ons gemeenskap en land op te bou.

  2. Thys Human sê:

    Jaco, ek deel jou teoretiese en beginselsieninge oor ‘n waardestelsel in ‘n baie groot mate, maar ek is bevrees dit kan nie in die praktyk toegepas word nie, want dit sal NIE deur die regerende swartmag toegelaat of erken word nie – soos jy self verwag. Ek stem volkome saam met jou oor die onsinnighede en selfs gevare van godsdienstige beskouings rondom die politiek en alle waardestelsels, maar vind dit jammer dat jy dit nodig vind om eintlik net die Jode in ‘n breer wereldsin te kritiseer. Daar is meer as een kant van daardie besondere kwessie! (Soos ‘n goeie vriend nou die dag sê: “You must look at all sides of the round ball”!)

    Daar is na my mening ‘n geringe kans dat selfbeskikkinde gebiede soos Orania en Kleinfontein oorlewingsvestings vir die Afrikaner kan wees, maar ek het twee probleme daarmee. Die een is dat die swartmag uiteindelik selfs hierdie “eilandjies” gaan opruim. Maar die grootste bedenking is dat die plekke net eng, bekrompe, trugoppiebrug “christen” sametrekkings gaan wees – soos Kleinfontein reeds is.

    Die toekoms vir Afrikaans en die Afrikaner lyk helaas maar donker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s