Eienskappe van die Bybelse god, Bybelse riglyne en die invloed van persoonlike belange op kerkleiers se besluite

Free will (2)

 

onheilige-drie-eenheid

Hier is die inhoud van die e-posgesprek tussen myself en Ds. Schalk Strauss, redakteur van die tydskrif “Die Boodskapper”, van die Afrikaanse Protestantse Kerk:

Jaco Steyn:

Geagte APK-lidmate,

Hiermee deel ek graag my standpunte oor die aard van die Bybelse God en die werklikheid van boosheid met julle. As deel van ons pogings om hierdie dinge beter te verstaan, behoort ons deeglik na te dink oor hierdie drie onderwerpe en behoort ons die gevolgtrekkings wat ons maak, op nugtere wyse met mekaar te vergelyk:

  • Die gedurige debatte oor die beweerde vrye wil van mense versus (wetenskaplike of teologiese) determinisme. Indien ons determinisme sou aanvaar, moet ons noodwendig die werklikheid van die vrye wil van mense verwerp.
  • Dit is duidelik in sekere Bybelgedeeltes dat die Bybelse God (ten minste) sommige van Sy skepsels haat. Hoe kan dit versoen word met die bewering dat die Bybelse God liefdevol is of dat Hy doelbewus boosheid gebruik as deel van Sy plan om alles uiteindelik ten goede te laat verloop?
  • Nadat ek van die artikels in die nuutste uitgawe van Die Boodskapper gelees het, het ek weereens besef dat daar geen behoorlike teenargumente is vir die bewering dat ‘n almagtige, alwyse, liefdevolle God self boos is indien Hy doelbewus boosheid toelaat.

Ek het die voorgaande drie onderwerpe meer breedvoerig bespreek in hierdie artikel.

Een van die hoofredes waarom ek ontnugter geraak het met die georganiseerde Christendom in veral Suid-Afrika, is die feit dat nié die Bybel óf baie predikante se verwronge interpretasies daarvan, enige noemenswaardige bydrae gelewer het om rasseverhoudinge in hierdie land te verbeter nie. Inteendeel – rassehaat is deesdae erger as ooit tevore en (veral blanke) Christene is meer as ooit tevore verward en oningelig oor die ware oorsake van hierdie land se probleme. Ek het hierdie laasgenoemde onderwerp meer breedvoerig bespreek in hierdie kort artikel.

==================================================================

Ds. Schalk Strauss:

Goeiedag Jaco

Baie dankie vir jou skrywe. Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat jy ten minste Die Boodskapper lesenswaardig vind. Ek neem kennis van jou skrywe en gaan dit selfs in ons Des/Jan-uitgawe plaas om te sien of dit dalk gesonde debat kan stimuleer.

Ek wil jou egter graag aanmoedig om die volledige hoofstuk van John Frame, getiteld The Problem of Evil in sy boek Systematic Theology te gaan lees.

Vriendelike groete,

Ds. Schalk Strauss

Redakteur: Die Boodskapper

Afdelingshoof: Publikasies

Sentrale Kerkkantoor

Makoustraat 516

Monumentpark

Tel: 012 362 1390

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Eienskappe van die Bybelse god, Bybelse riglyne en die invloed van persoonlike belange op kerkleiers se besluite

  1. Tobie sê:

    Jaco dis baie verblydend dat hierdie vra vanuit die binnekringe van ‘n bepaalde Christelike kerkgroepering gestel word. Myns insiens, kom die selfbevraagtekening daarop neer dat hulle wel erns kan maak, of so hoop mens, met die waardigheid en sinvolheid van hul eie projeksies. Die kernvraag van of die wil vry is of nie, word nooit afgehandel solank dit gestel word as die een of die ander oplossing nie. Soos Nietzsche dit knap gestel het: daar IS geen (absolute) waarhede sover dit ons kenvermoens betref nie, derhalwe het ons slegs vertolkings van aansprake tot ons beskikking. Dis vanselfsprekend dat aansprake met die status van interpretasies nooit met reg verabsoluteer kan word nie.

    • Jaco Steyn sê:

      Baie dankie vir jou insiggewende kommentaar, Tobie! Ek het in my artikel “Faktore wat ‘n invloed het op die lewenskwaliteit van mense” (https://www.spiritualiteit.co.za/artikel-faktore-invloed-lewenskwaliteit.php) die verskil tussen determinisme en vrye wil meer breedvoerig verduidelik. Hier is een van die paragrawe in die artikel:

      “Volgens teologiese determinisme is God per definisie Almagtig, Alwys en Alwetend. Hy is ook buite Tyd en Ruimte en weet presies wat die verloop van gebeure in die wêreld sal wees, juis omdat Hy dit alles voorafbeplan het. Al het elke mens ‘n onsterflike siel, het niemand ware vryheid om besluite te kan neem en vervolgens die verloop van die geskiedenis, op grond van daardie besluite, te kan verander nie. Die Calviniste se uitverkiesingsleer is gebaseer op hierdie godsbeskouing. Sommige teoloë het besef dat die geloof in determinisme teenstrydig is met die idee dat elke mens op die ou end ten volle verantwoordelikheid behoort te aanvaar vir morele besluitneming. Volgens hulle godsbeskouing wat bekendstaan as ‘oop’ teïsme, het elke mens ‘n vrye wil om te kan besluit of hulle God wil navolg of nie. Hul God is egter nie heeltemal so Alwetend en Almagtig soos die Calviniste se God nie, omdat Hy nié die toekoms volledig voorafbeplan het nie. Hy is daarom nié indirek verantwoordelik vir al die pyn en lyding in die ‘bose’ wêreld nie. Hy word selfs beïnvloed deur mense se gedrag en verander soms sy eie besluite na gelang van mense se gebede en optredes. Sommige voorstanders van oop teïsme regverdig hul godsbeskouing op die letterlike verstaan van Bybelverse soos o.a. Génesis 6:6 ‘… het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.’ Omdat die toekoms dus ‘oop’ is, weet selfs God nie presies watter mense eendag Hemel toe sal gaan nie en is dit selfs moontlik dat die ou Duiwel op die ou end as oorwinnaar uit die stryd sal tree!”

  2. Ek is so verlig dat ek klaar is met godsdiens, want nou hoef ek nie meer te wroeg oor al hierdie vrae nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s